Humor

Dit gaan altyd sleg met ‘n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees. Spr. 15:15

‘n Mens sou sekerlik vir ure oor iets soos “humor” kon filosofeer; waarom sommige mense altyd ernstig is en reken dat dit ligsinnig is om die lagwekkende in situasies raak te sien, terwyl ander weer nie veel aanmoediging nodig het om kliphard te skater wanneer hulle iets snaaks hoor of sien nie. Vir my is dit genoeg om Dankie tog! te sê dat ons al vier in die laaste kategorie val. Ou Pa dalk ‘n bietjie meer gereserveerd as sy drie vroumense, maar dit beteken nie dat hy nie iets komies kan waardeer nie!

Ek moet egter byvoeg dat lagprente nie juis ons gunsteling is nie. Ons sal nie moeite doen om byvoorbeeld na ‘n Schuster-fliek te kyk nie, maar dan moet ek vinnig byvoeg dat sy You Must Be Joking-reeks, waarin hy niksvermoedende, alledaagse mense ‘n vreeslike streep trek – met hul reaksie wanneer hulle die waarheid besef – regtig skreeusnaaks is. Amerikaanse slapstick is bloot vervelig, terwyl die Britte met hul droë humor beslis meer die kol tref. Ons vind egter die eintlke maagvashou-en-lag-tot-ek-huil in gedrukte vorm: In die goeie ou dae toe daar periodiek een van PH Nortjè se sketse oor sy mense en sy dorp in die Huisgenoot verskyn het, en die Briewe van Kleinjan-reeks deur Johan van Pletzen ons elke keer dubbel laat vou het, was dit my taak om die storie hardop voor te lees en dan het ek telkens gewonder of die drie vír my, of saam met my, lag totdat die trane loop. Deesdae is die oes van humoristiese sketse en verhale maar skraal; tog beland daar van tyd tot tyd iets regtig snaaks op my rekenaarskerm en ek is elke keer uiters dankbaar daarvoor!

Vir ‘n groot gedeelte van ons gemeente se kwartaallikse nuusblad, Krokkienuus, se agtjaarlange lewe was Ansie Solomon “Ampie”, ‘n rakker van so agt of nege (wat nooit ouer gewprd het nie). Ten spyte van die feit dat hy regtig nie kon spel nie, het hy pligsgetrou sy brief waarin hy sy gesin se skandes en skades uitblaker, aan die “kerk se koerant” gestuur. Daardie briewe was een van ons gesin se vernaamste bronne van histerie, glo my. Om so-iets regtig te waardeer, moet mens ‘n goeie verbeelding hê – dan sien jy alles voor jou geestesoog afspeel soos geen rolprent met selfs die beste akteurs dit kan regkry nie. Hier volg ‘n drietal van die knapie se beste bydraes, waarvan twee ‘n Kersfeestema het:

 Ampie gesels oor......

                                                            Kersvees

Kersvees is die moiste tyt van die jaar. Die meeste mense het dan vekansie, ek ook. Ons het ook 'n krip in die sitkammer, wat Pa drie weeke voor kersvees daar ingebring het en ek en my klyn sissie kan ook help. Baie krippe is vevelig maar nie ons sin nie want daar is baie oulike figiere daar in.

Ek het eenkeer vir Josif en liwe Jesus op die stoof gesit dat hille nie kout kry nie toe was dit te warm. Liwe Jesus het swart geword en Josif het ytmekaar gebars,een van sy foete het in die deeg in geskiet en dit was nie ‘n mooi gesig nie

Ma was baie kwaat en gese dat nie eers die hyliges beskerm word deer my domgeit nie. As Maria so sonder man en kind rondstaan lyk dit nie goet nie. Maar ek het gelikkag baie figiere in my speelgoedboks en nou is Josif, donald Duck. Vir liwe Jesus wou ek vir Asterix vat omdat hy die enigste een is wat so klyn is dat hy in die voerbak kan pas maar Ma het gese dat liwe Jesus tog nie Asterix kan wees nie dan liewer verbrant is beter. Nou is liwe Jesus swart maar nog steets liwe Jesus. Agter liwe Jesus staan twee osse, 'n esel, 'n seekoei en 'n brontosauris. Die seekoei en die brontosauris het ek self daar ingesit want die osse en die esel het so aleenag gelyk. Lings van die stal kom nou net die drie wyse manne in. Een van die wyse manne het laas kersvees geval toe Pa hom wou skoonmaak nou is hy heeltemal stikkend. Nou het ons net twee wyse manne en 'n wyse Batman. Gewoonlik het die wyse manne baie giskenke vir liwe Jesus soos gout, wierrook en pirpir of so iets. Ons sin het in plaas van gout 'n sygstokkiepapierkie wat so mooi blink. Die ander ene het prymtwak in sy hant omdat ons nie wierrook het nie, maar die prymtwak maak ook rook as mens dit aansteek. Die wyse batman het 'n pistool. Dit is nie eintlik 'n goeie giskenk vir liwe Jesus nie, maar daarmee kan hy hom teen die brontosauris beskerm. Agter die drie wyse manne is 'n paar rooihuid indiane en 'n glasengel. Een van die engel se voete is afgebreek, daarom sit hy nou op 'n moterviets sodat dit maklikker is vir hom. Nou kan hy met die moterviets ry as hy nie lis is vir vlieg nie. Regs van die stal het ons vir rooikappie gesit. Sy het 'n pizza en drie kaasels (dis nou die bier wat Pa altyt drink) vir ouma saamgebring. Ek het nie meer 'n wolf nie, nou loer daar'n ninja tirtel agter die boom yt in die wolf se plek. Daar is nie nog goet in die krip nie, want Ma het gese dis nou genoeg. In die aant sit ons die lig aan dan lyk die krip eers regtig moi. Ons sit om die krip en sing kersveesliekies. Pety is baie moi maar die meeste is sommer vevelig. As 'n mens weer sien is kersvees veby en sommer die jaar ook. Die giskenke is ytgepak en 'n mens kry niks voor paasvees nie behalwe as jy voor die tyt vejaar. "Maar een ding is veseker: kersvees kom altyt weer."

 

Ampie gesels oor......

                                                        Krismiskoek

Dis al amper weer kersvees, en ek het op ma se compioeter geloer. Sy en antie Ella het so gelag oor ‘n risep wat antie Ella vir haar gistuur het, een vir ‘n krismis koek. Toe het ek hom geseif op my memorie stiek, sodat die hele gimeente se tannies dit kan bak vir krismis.

Maar ek weèt ook nie so mooi nie, ek dink die ooms gaan dalk baja kwaat raak as die tannies die koek so gaan bak, Maar jille moet maar vir julleself beslyt:

 Krismiskoek

Bestandeele:

2 koppies meel

1 teelepel koeksoda

1 teelepel sout

Suurlemoensap        
1 koppie bottir  

1 koppie waater                                                      
1 koppie brynsyker

1 koppie  Neete
4 groot yers                                                                               
2 koppies drooëfrugte

1 bottil brannewyn (of 3 bottils)                                                 

Metoode:


Proe die brannewyn om gehalte te toets.
Neem 'n groot mengbak en proe weer die brannewyn. Maak seker dis die beste gehalte (As jy 3 bottils gebruik is dit seekerlik KWV.)
Skink een koppie fol en drink dit.
Herhaal.
Skakel die menger aan. Klits een koppie bottir in 'n donsige bak.
Voeg 'n teelepel syker by. Klits weer.
Maak seker die brannewyn is sjteeds goed. Drink nog 'n koppie ... virrie wis en die onwis.
Skakel die menger af.
Breek twee eiers, gooi dit en die droëfrugte by. Tel die frugte van die vloer af op.
Meng die skakelaar aan. As die droëfrugte in die menger vassjit, sjkroewedraaier dit losj.
Proe die brannewyn vir gifterigheid.
Sif nou twee koppies sout by.
Proe die brannewyn.
Sif die suurlemoensap, dreineer die neute en gooi 'n tafel by.             
Dan 'n leepel sjuiker, of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry.
Sjmeer die oond.
Draai die koekpan 360° en moenie Val nie.
Menger die afskakel.
Gooi die bak deurrie venster enne drunkie laasjte brannewyn op.
Gekersde Seënfees

Ek hoop nie die ooms word te kwaat vir die tannies nie, as hulle kwaat word, lat die ooms die volgende koek bak.

My ouma virtel altyt Kersfees gan nie net oor die persente nie, mar ek dink gelukkag gan dit ok nie net oor krismiskoek nie.

Baai for now!  

 

Ampie gesels oor...........

                                         VOORTREKKER KAMP EN GOM MAAK

 

Haai julle almal, die ou jaar het agtergebly en ons is reets goet in 2009.Ons was op ‘n voor treker kamp in Janiearie. Dit was baije koel! Ek het baie niewe maats gemaak en ons het baie prêt gehaad.

Toe ek by die hys trug gekom het, het ek vir amal by die hys vertel van die kamp. Toe virtel oom Boetie hy was ook op die kampe. Maar hy maak of sy kampe die beste was, beetir as myne. Ouma het ‘n brief gan haal wat hy vir haar geskryf het by ‘n kamp. Dit klink vir my mar kommin, mar hy skryf: “Ons lyerverkener het gevra dat ons hier van die voortrekerkamp vir julle skryf, net ingeval julle die vloet op TV gesien het en bekommird is oor ons. Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsake het wegespoel. Gilukkag het niemant verdrink nie, want ons was amal op die berg beesig om vir Jan te soek toe dit gebeer het. Se aseblief vir Jan se ma hy is OK. Hy kan nie skryf nie oor sy arm in gips is. Ek het in een van daai reding hellikoptirs gery. Dit was lekkir! Ons sou hom nooit in die donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie”.

Ag jinne, oom Boetie dink altyd sy goet was die beste, maar hy weèt nog nie van my gom wat ma verlede jaar vir die eksamin gemaak het nie.

Ons moes van daai glas bottelkies gom met die rooi proppie en rooi kwasie hê vir skool. Ma het amper vlou geval toe ek haar vra vir gom. "Waar dink hulle moet ons die gelt vandaan kry?"
 
Maar natierlik - Ma maak 'n plan. En Ma is nie stoepid nie, sy kon tot gom maak. Sy ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie impresset met my slim Ma. Sy laat dit toe efens afkoel en sit dit in 'n ou NCR jiest blikkie wat so bietjie verblyk was.
 
Ek was die eenigste kind met 'n jiest blikie op my taafel. Al die aner kiners het die regte bottelkies Gom gehat. Ek het nie baie geworrie nie, want my gom was baje beetir as hulle sin en het geplak soos Soeperglue nie kan plak nie!
 
Terwyl ons in die klas sit en  beesig is met die eksamin, is daar een groot ondplofing. Daar trek my blikie se deksil en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom wat neerkom op ons soos 'n donnerstorm! Alles is wit. En dit stink – Ek het nog nooit iets in my jele lewe geryk wat so gestink het nie.
 
Die Juffrou se brille was vol gom, haar haare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in 'n shower staan. Tot in haar kliewitch. Ek kon nie glo dat sy soos 'n beelt lyk nie. Ooral waar ek kyk in die klas is amal fol van die gom. Amal is wit en gil van die skrik. Ons boeke is fol. Ons klere is fol. Ons stink freeslik!
 
Juffrou wip haar en jaag ons amal uit en se ons kan maar hys toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goet drooggewort van al die giwag.
 
Ek was woedent toe ek by die hys kom. Ma het gedink dis 'n moewiese grap en het haar omtrent dood gelag toe sy my sien EN ryk. Die klaskaamer moes uitgeverf word om van die stink ontslaa te raak, maar ons kon dit nog vir weeke dwarsdeer daai PVA ryk. 
 
Ek was glat nie gewilt nie. Niemant wou eers meer met my speel nie. Geliikag het almal dit vergeet na die fakansie en die voor trekkerkamp. Oupa het gese hy sal hierie jaar vir my regte gom koop.

 

Baai for now!

Ampie…


              

Die jennerytertjie

Hallo Antie Hannie,

Lanklaas van Antie gehoor. Net baie donkerte hier by ons op Paterson as gevolg van een of ander m**r wat moeligheid gemaak het by Koe- Koe… ag, die Kaap se Eskom.

Ons huis lyk party aande soos 'n disco so kort opmekaar gaan die krag af en aan. Pa het toe gesê genoeg is genoeg. Net voor Krismis besluit hy hy wil oplaas 'n jenneryter koop, oorlat hy moeg was vir allie alewige kragonderbrekings.

My Oupa het al gedink die krag word afgesny omdat Pa elke maand die Munispaliteit se geld innie borrelstoor belê. Maar Pa sê hy's **tvol, dit maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie Cownsil is wat onse krag afsny, of daai onnooslike amptenaar van Eskom, hy worrie nie, hy wil 'n jenneryter hê. Hy en Ma is altwee moeg van allie episodes van Sewende Laan wat hulle nie te siene kry nie.

Nou ja, toe gat ek en Pa kooperasie toe om die ding te koop. Oppie kaart, want Pa sê my ma se kaart is baie lekker - jy koop net op Budget se rekening. Jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit, dan doen hulle dit sommer. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek weet net Pa sit alles op Budget se rekening. Ek reken dié Budget gat darem lekker m**rig wees as hy uitvind wat Pa alles op sy rekening koop.

Maar Pa worrie nie. Hoe gaan hulle ooit uitvind, wil Pa weet.

In elk geval ons loop koop toe die jenneryter, en dis net mooi daar waar die moeilikheid begin.

Kyk, as julle dink my pa weet niks van kampeer af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie - dis tog goed wat 'n mens kan sien - dan moet julle weet, hy weet nog minner as niks van lektriek af nie. Dis wat my ouma altyd sê.

Maar Pa is nie gepla nie. Toe hy eers ná 'n hele ellelange paragraaf se vreemde woorde daai jennerytertjie gestaart kry, toe dink hy mos lat hy 'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat als van krag verstaan, sê hy.

So, voor my pa die ding aan die krag loop koennek, toe swiets hy eers die jennerytertjie af en hy se vir my, "Kleinboet, as 'n ou met kragwerk, dan moet jy slim wees, en nugter wees." Toe tref dit my - Pa is nie gewoonlik een vannie twee nie - só toe weet ek: hie kom gróót moeilikheid!

Maar ek het verniet geworrie, toe Pa daai drade vat, en hy sjok nie, toe weet ek sommer hy weet weet wat hy doen. Toe maak hy die drade se punte mooi skoon solat die koper uitsteek - en hy is toe reg om die masjien aan die kragpunt te konnek.  Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien Pa kén.

Toe maak hy daai swietsbord innie kombuis oop, en hy staan reg om sy jennerytertjie se drade aan die swietsbord se drade te koennek. Dis glo solat as die krag afgaan, dan staart Pa net sy jennrytertjie en dié se krag sal dan die swietsbord maak werk.

Daar’s 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê dat as die pawpaw die fan straaik, dan is daar groot moeilikheid. Daai ooms wat só sê, het nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag Pa tref nie!

Kyk, Antie, toe Pa so oppie leertjie regstaan en hy konnek daai jennerytertjie se kragdraad so aan die swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my Pa is aan die hartaanval kry, of hy kry 'n senuwee instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding, só ‘n gemors is dit!

Die way wat Pa daai swietsbord ruk en pluk, met die briekdance en alles, dog ek Pa gat die ding uit die muur uitruk en net 'n gat daar los daar waar die swietsbordtjie was.

Met ‘n vreemde smile op sy gesig van die ge-shock lyk dit nogal of hy dit geniet. Pa spog mos hoeka hy kon jongtyd deurnag disko sonner ophou. Hy ruk daai swietsbord of hy aan't wen is op 'n dobbelmasjien!

Nou ja - die swietsbordtjie moef nie, en Pa hou nie op ruk nie, en hy maak sukke jodel-geluide wat amper klink soos Charles Jacobie op my ma se favourite langspeelplaat.

Ek dog dis van woede wat Pa so skreeu oorlat hy nou begin kwaad word virrie swietsbordtjie. Hy dans so oppie leer dat die een ná die ander boutjie uit die leer pop vannie geskud... en hy gooi sy dikkerige lyf rond bo-op daai leer asof hy nou inne jaaif-kompetisie deelneem, of 'n voordanser by die 20-20 krieket is!

Net toe ek vir Pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur dit al klaar - hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet nie.

Toe verstaan ek hoekom party mense sê "hy't daar afge***r" want daai wassie 'n val nie, daai was 'n m***se ***slag!

In elk geval, Pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf gee nog so 'n paar rukke met dié wat hy so met ‘n boog deur die lug trek, nes daai ouens op TV wat by die olimpiese spele innie swembad induik en dan sulke langarm S-draaie innie lug maak. Al verskil is nou dat daar nie water onner is nie - net die klipsteenharde kombuisvloer met die bont linoleumtapyt wat golwe maak soos hy  hom daarop desdinges val. Sy splinternuwe bo-tanne sit op die kombuistafelblad se rand vasgebyt, sonner lat Pa naby hulle is.

En toe Pa sy kop helemal misval en op sy agterkant met ‘n slag te lande kom, toe skrik ek want ek vrees toe vir harsingskudding, want my ma sê altyd Pa se verstand sit in sy agterkant en dat hy sommer 'n lamsak is.

Maar toe’s dit nog nie al nie. Daar sit Pa oppie vloer en beginne jaaif. Toe voel ek darem beter want ek kan sien hy is nie heeltemal ‘n lamsak nie, oorlat hy sy boude toe daar oppie grond lekker vinnig wikkel, en hy boonop tog te lekker jodel met die een kragdraad steeds in sy hand soos 'n wafferse sanger met 'n mike. Skielik sien ek weer vir Charles Jacobie voor my.                                              

En so tussendeur trek hy nog vir my snaakse gesigte ook, en eindig af met die spoeg van sy onnertanne in ‘n sierlike boog netjies tot innie wasbak – wat 'n performance! 

Ek kon wragties nie anders as om vir Pa hande te klap nie.

Die jennerytertjie staan deesdae vergete innie geraatsj onder ‘n laag stof – niemand praat oorie voorval nie. En Pa soek nou net woes vir‘n windlaaier innie Landbouweekblad se snuffelgids…

Groetnis,

Kleinboet.


 

Grandma still drives

The other day I went up to our local Christian book store and saw a 'Honk if you love Jesus ' bumper sticker ...

 I was feeling particularly sassy that day because I had just come from a thrilling choir performance, followed by a thunderous prayer meeting.

So, I bought the sticker and put it on my bumper.

Boy, am I glad I did; what an uplifting experience that followed.

I was stopped at a red light at a busy intersection, just lost in thought about the Lord and how good he is, and I didn't notice that the light had changed.

It is a good thing someone else loves Jesus because if he hadn't honked, I'd never have noticed.

I found that lots of people love Jesus !

While I was sitting there, the guy behind started honking like crazy, and then he leaned out of his window and screamed, 'For the love of God!'

'Go! Go! Go! Jesus Christ , GO!' What an exuberant cheerleader he was for Jesus !

Everyone started honking! I just leaned out my window and started waving and smiling at all those loving people. I even honked my horn a few times to share in the love!

There must have been a man from Florida back there because I heard him yelling something about a sunny beach.

I saw another guy waving in a funny way with only his middle finger stuck up in the air.

I asked my young teenage grandson in the back seat what that meant. He said it was probably a Hawaiian good luck sign or something.

Well, I have never met anyone from Hawaii, so I leaned out the window and gave him the good luck sign right back.

My grandson burst out laughing. Why even he was enjoying this religious experience!!

A couple of the people were so caught up in the joy of the moment that they got out of their cars and started walking towards me.

I bet they wanted to pray or ask what church I attended, but this is when I noticed the light had changed.

So, grinning, I waved at all my brothers and sisters, and drove on through the intersection.

I noticed that I was the only car that got through the intersection before the light changed again and felt kind of sad that I had to leave them after all the love we had shared.

So I slowed the car down, leaned out the window and gave them all the Hawaiian good luck sign one last time as I drove away. Praise the Lord for such wonderful folks!!

Will write again soon,

Love, Grandma.


 

Die storie van die Cortina

Ek moes seker al onraad vermoed het toe die jongeling die dag met ‘n Ford Cortina by die huis langs ons gestop het. Dit is een van daai karre wat jy tien straatblokke ver al hoor aankom en ek praat nie van die enjin nie, dié hoor mens eers van so agt blokke ver. Die eerste gewaarwording van die snawel se naderkoms is gewoonlik so ‘n liggiese doef-doef op mens se sensitiewe dele, ek vermoed dis nou as hy min of meer die dorp binne ry. Dan word die doef-doef al hoe erger tot dit later  voel soos ‘n hasie met ‘n hamer wat met Duracells gelaai is. Dan stop die lekkerte en die doef-doef skuif op tot by mens se borskas. As die klein s@!*%t met sy Cortina om die draai kom, sit die doef-doef in mens se keel en onderste harsings vas en dit voel of mens in die binnekant van ‘n lugdrukboor vasgekeer is. Daar was hoeka mos die ou grappie oor die chemiese formule van k@*: XR6.

Dat die jongeling Oom Klasie van Vuuren se huis reg langs ons sou koop, sou ek nooit kon raai nie. Nou, die ergste lawaai wat Oom Klasie ooit in sy lewe gemaak het, was miskien om ‘n ligte buikwindjie in die privaatheid van sy eie tuin te los. Maar ‘n mens waardeer mos eers rustige bure die dag as hulle weg is. Die nuwe knaap se eerste daknatmaak, die eerste Vrydag na sy intrek, was die ergste. Die man demonstreer die feit behoorlik dat sy musiekapparaat nie beperk is tot die Cortina nie.

“Los die kind man,” sê Mamma toe ek die haelgeweer uit die kluis haal. “Jy was ook mos eenmaal jonk.”

“Ja, en wie gaan miskien vir die ceiling betaal?” skree-vra ek omgekrap bokant die lawaai uit.

“Los man! Die ceiling was al lankal los. Ons skud net die deken af, dan’s als weer reg,” keer Mamma terwyl sy die geweer by my vat en weer toesluit. Die sleutels hou sy by haar.

So verdra ons toe maar die lawaai, maar ‘n huisdaknatmaak kan ook net so lank duur en ook nie langer nie. Die volgende Donderdagaand, stop Mamma self die haelgeweer in my hande en sê ek moet nou plan maak.

Sekere dele van die Bybel val maar nou net eenvoudig makliker op die oor én gemoed as ander. Soos die stukkie wat praat van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Baie lekkerder as die “draai-die-ander-wang”-stukkie. Maar daardie aand beleef ons dorpie ‘n klankaanslag wat géén stukkie in die Bybel sou kon stil preek nie. Ek het mos self in my lewe musiek gemaak. Gróót musiek, onder andere by die Vrystaat Stadion. Die musiekstelletjie wat ek gebruik het, was darem self nie vir sissies nie. Ek sê vir Mamma sy moet solank ‘n paar lekker CD’s en dergelik bymekaar maak. Ek gaan my ou klanktoerusting by die kêffie se skuur optel. Vanaand wys ek die nuwe boorling wat ís musiek.

Op pad kêffie toe, tel ek eers vyf handlangers langs die pad op. Daar is baie speakers en hulle is groot en swaar. Na die eerste drie speakers gelaai is moet ek vyf vars handlangers soek om met die ander nege te help.

So slaan ek toe die hoëtroustelletjie op. Sommer daar in my agterplaas, met die speakers wat wys in buurman se rigting. Op buurman se klanksisteem blêr iemand van ‘n transvestiet wie se pantie te styf teen sy/haar bobeen druk. Ek haal Oom Boetie Kallis se Platboompolka uit en ek spéél. Ek speel daardie transvestiet heel uit sy onderklere uit en Brakanjan neem die loop soos ‘n vlakhaas wat slang gesien het. Mamma beduie en haar mond gaan oop en toe, maar niemand kan iets hoor nie.

Harde@8! B&*!@ gee toe nie op nie. Ek vermoed hy het gedurende Oom Boetie se polka, sy Cortina se luidsprekers ook aan sy huisstelletjie gekoppel, want Lady Gaga sing soos ‘n swanger speenvark wat in ‘n pendoring getrap het.

Ek sê vir Mamma sy moet Oom Mynie Reyes se Wikkelvioolvastrap aangee. Hierdie slag koppel ek nog ‘n speaker, sodat daar twee is wat werk. Toe Lady Gaga haar laaste asem wegblaas, trek Oom Mynie los met sy viool en almal moet vastrap om staande te bly.

Maar sal die klein b@*!& werklik dink hy kan my troef! Toe Oom Mynie daai laaste noot op sy viool trek, val die mannetjie wragtig weg met ‘n nommertjie van Ramstein. Op my beurt troef ek hom weer met ‘n wals van die Baardskeerdersbos-orkes. Hierdie slag met drie speakers. Lékker man! So tussen die musiekbaklei gryp ek vir Mamma en ons doen ‘n rondte tussen die tuinstoele.

So gaan dit die hele aand aan. Hy speel ietsie van Black Eyed Peas en ek ietsie van David Kramer. Rihanna afgewissel met Carika Keuzenkamp. Britney Spears en oorle Sias Reyneke op ‘n stadium in duet. Snoop Dog sing op Kruitjie-roer-my-nie se wysie. Al harder en harder. Net sodra die mannetjie dink hy het my in ‘n hoek, sit ek nog ‘n speaker by. Op agt speakers tuimel sy DSTV skottel van sy stellasie af en my geyser bars. Op tien speakers moet ek en Mamma op die oorblywende twee tuinstoele sit, sodat hulle nie ook weghop nie.

Op elf speakers troef ek die klein rampokker heeltemal uit sy sokkies uit met ‘n duet van Jurie Els en Patricia Lewis. Dit laat sy F*@!fpolisiekar finaal f*@! en daar is ‘n doodse stilte toe Jurie klaar dankie gesê het. Dominee staan nader en sê ‘n dankgebed en die polisie klim weer in hulle voertuie. Een van ons ander buurmanne kom met Brakanjan en een van ons tuinstoele aangestap. Mamma en Klein Twak sukkel van die dak af. Daar is weer vrede en stilte in die buurt.

Die volgende oggend is die jongeling in die kêffie om ‘n koeldrank vir sy pad te koop. Hy het my seker nie as sy buurman herken nie, want hy merk droog op dat hy nie langer in hierdie dorp gaan bly nie. Sy bure is heeltemal te raserig.


 

As Pappa die dag pak vat...

Die taalgebruik in die volgende stuk moes noodgedwonge 'n bietjie gesensor word. Ek glo egter nie dat die inhoud daardeur geaffekteer is nie!

Hulle sê 'n mens praat nie oor jou huweliksprobleme met vreemdelinge nie.

So ek het besluit ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie storie, soos Joost se boek, net een man kan help, het ek my doel bereik.
Elk geval om 'n kort storie lank te maak, gaan ek by die begin begin.

Ek het 'n sout-van-die-aarde, kerkmens getrou, die tipe mens met wie jy 'n langpad kan loop, 'n graad R-onderwyseres, 'n saggeaarde Namakwabloeiseltjie.
Min het ek geweet daai bloeisel kan na 2 jaar van huwelik verander in 'n kaktus.
Soos met meeste struwelinge in 'n huwelik, begin dit gewoonlik met jou vriende en my vriende.

Ek kry toe mos nou gister 'n oproep van my vetplantjie wat sê ons gaan vanaand baba kyk.
Nou kyk baba-kyk is nie hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense is nie.
Ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en die volgende oomblik word daar 'n selfoon in my oor neer gebl****m.
Nou ek het nie gedink 'n mens kan 'n selfoon soos 'n ou huisfoon gooi nie, maar die vet weet, Mamma is toe so rumoerig, ek hoor eintlik hoe tref hy die Renault se dashboard.
So besef ek Mamma bestuur en praat op die selfoon en ek raak sommer lus en rapporteer die krimineel, maar wat ek eintlik gedink het, was wat gaan daai dashboard nie kos om reg te maak nie?
Nou, ek is ook nie 'n week getroud nie en ken Mamma se cr**  en stuipe.
Eers kry ek die "silent treatment" - sy dink dit is 'n straf maar dit is eintlik baie rustig.
Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die sarkasme – nou as jy regtig jou vrou so befoeterd wil maak dat sy die mure uitklim, dan moet jy maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en dit ernstig opneem.
Sy het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te bewaar en haar haar sin gee, maar toe nie.

Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek daai bo-lippie styf soos iets in spasma, en jy moet weet as daai lippie styf trek, trek al die ander ook toe.
Maar so staan ek mos nie bakhand vir gunsies nie en ek besluit om aan te gaan met my lewe.
Terwyl sy na 'n dagoue baba deur 'n venster gaan kyk, van mense wat ons een keer in twee jaar sien. Goeie tye!
Elk geval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek rondloop?
Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou!
Koop nogal ewe 'n coke en sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is 'n millennium man. Nie dat ek bang is nie!
Toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar is niks gemaak om te eet nie.
Dit is mos die ander straf, die "ek-staak-huiswerk-omdat-ek-nie-my-sin-gekry-het-nie".
Maar my hande is nie rond nie en ek maak vir myself 'n toebroodjie. Toe sy sien die "ek staak"-straf werk nie, kom staan sy voor my en toe begin die groot moeilikheid.

Die naggg-stadium, 'n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die Bybel praat van 'n vlammehel, ek sê stories. As daar 'n hel is, sal dit wees waar jy sit met 7 vrouens wat gelyk sanik oor hoe 'n MENS en man jy nou werklik is. Die ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.
Maar so is ek mos nie 'n klip nie, en raak ook rumoerig en sommer vinnig, en besluit maar nou sit ek my voet neer. Verduidelik toe vir haar dat ek werklik zero kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie.
En dat sy oor dit moet kom, of haar issues gaan afstap en my UITLOS!!!

Maar steeds hou sy nie op nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om handgemeen te raak.
Nou, ek besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en ek SMYT toe maar 'n bord teen die kombuisvloer neer.
Man, die stukke het nog nie eens gaan stil lê nie toe gryp sy my beursie en pluk my tweede laaste R50 vir die maand daaruit en sê sy gaan more 'n nuwe bord koop.
Maar teen die tyd is ek al so liries befoeterd, ek ruk sommer self my laaste R50 uit en sê sy moet maar twee koop, en ek gryp nog 'n bord en mik-mik so na haar voete met 'n wille swaaibeweging van my arm asof ek epilepsie fake.
Sy skrik en koes-koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy vir haar vriende verduidelik ek het haar toon met 'n bord gebreek.

Maar met die wille aapdans van haar begin ek net te lag en besef hoe belaglik die hele affêre nou eintlik is.
GROOT fout broer, jy lag nie vir 'n vrou wat kwaad is nie!
Eers gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net-net en gooi amper die agterdeur se venster uit.
Toe gryp sy 'n liter Coke, ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links onderkant my knie.
Sjoe! Dit was close. Maar die aanval stop toe nie daar nie en Mamma storm die kombuis binne soos een van daai mal vrouens op Flavour Flave.
So besef ek ek het myself in die kombuis vasgekeer, 'n groot fout.
Die dag voor dit het ons Ninja Assasins gaan kyk, nog 'n groot fout. Ek dog sy sê dit was 'n *** fliek, maar sy het duidelik meer aandag as ek in die bioskoop gegee.
Sy trek daar los met kaal hande, maar daai arms swaai asof sy twee ninjakas met spykers in rond slinger.
Ek focus en gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar die vet weet, sy doen daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op die bors so tussen die moobs (man boobs).
Sy skop my so hard, laat ek hik en op my stert gaan sit. Daar lê ek in die kombuis so langs die Addis vullisblik tussen die stukke gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel.
Vir 'n oomblik is ek in skok en dit voel soos 'n ewigheid wat ek daar lê, maar twee sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar dié keer met 'n besem.
Wragtig 'n BESEM, ek het nooit gedink sy weet wat 'n besem is nie, maar sy weet hoe om met hom te slaan.

Ek het mos nou die dag National Geographic gekyk en besluit om in 'n bondel te gaan lê en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie – ek het steeds op my stert gekry.
As dit nie was dat sy so onfiks is nie, was ek seker nou nog op die kombuisvloer tussen die splinters besig om pak te kry soos 'n bergie wat 'n fiets probeer steel het.
Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die kat van die gordynraam afklim, het ons wel lekker gelag oor die mannewales en vrede gemaak.
Maar ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms 'n pak slae kry by Mamma.
Ek het net nooit gedink ek sou een van hulle gewees het nie. Die blink kant van alles is dat ek nou slaap soos 'n baba, want ek weet as daar 'n inbreker kom gaan hy goed op sy m**r kry.

Hoop net hy breek eers 'n bord.

Groete
Eerlike Smous

Ps. moenie vir my vrou sê van die storie nie.


 

Rooikappie in sms-taal (Dana Snyman)

Dana Snyman

Ouma ni gr8, so Roi-^ gan ky-ir

Eendag lnk, lnk glede wa da i meisiki. Ha naam wa Roikappiki. Sy en ha ma en ha pa bly in i hys lngs i bos.
Ha ouma bly ok naby hille, mar anni anniknt vanni bos.

Op i dag tu sê Roikappiki se ma vi ha: "Roikappiki, di ga hektiek me Ouma, sys lonely en depro.
"Vat vi ha snacks en ga visit ha en chat me ha".
"Cool," sê Roikappiki. "Ek luv Ouma. Ouma is gr8."
"Passop nt vi perverts inni bos," sê ha ma. "Muni vanni paiki af ganni."
"Relax nt, Ma. Ok?" sê Roikapiki vi ha ma. "Ek sa fine ws."

Tu trek Roikapiki ha cool roi jas en kappi an, en grut ha ma: "Luv, Ma. Mwah! Mwah!"
Tu va Roikappiki di manki mt ha Ouma se snacks en stap oppi paiki inni bos in. Sy sie alli pretty blmme inni bos en plk vi ha ouma vanni blmme.

Late tu ga sy vanni paiki af, agte di blmme an.
Inni mean time cruz Wolf ok da rond. Wolf sien vi Rooikapiki en prbr ha opchat. "Luv u'r flowers," sê Wolf vi ha. "Vi wie plk jy dit?"
Dit freak Roikapiki biki uit. "Get lost, Dude," sê s vi Wolf. "Ek ga na my ouma tu. M ouma i sk."

Maar Wolf los ha ni yt ni.
"Jys awesome," sê hy vi Roikappiki en stp agte ha an. "Kom ons ga chill biki iewers. Suk jy n spliv?"
Tu freak Roikappiki totally uit en hrdlp vi Wolf weg en vdwl inni bos.

"Cool," dnk Wolf, en ga na Roikap­piki se ouma s hys tu.
Hy klp anni deur. "Ga wg!" skr Roikappiki se ouma va binne af. "Hie issi werki! Ga terug townshp tu! Jille ko steel net ons gud!"
"Eks vanni kerk, my anti," antwrd Wolf. "Ek ko vi anti bid." LOL.

Roikappiki se ouma maki deur oop.
"Howzit, my anti," sê Wolf vi ha. "Welcme to the nw Sth Afrca". LOL.
Roikappiki se ouma freak soos intotally-totally-totally uit tu sy sie dis Wolf. Sy wi 911 bel, ma Wolf grp ha.

"Chill net, my anti," sê Wolf vi Roikappiki se ouma, en goi ha inni kas.
Tu trek hy Roikappiki se ouma se pjms an en klm i ha bed en wa vi Roikappiki.

Roikappiki suk en suk en kry ltr wee di paiki yt di bos yt. Sy ko by ha ouma se hys an. "Dis funny," dnk sy tu sy sie di deur is oop.
Tu sy inni kamr ko, sie sy ha ouma is inni bd. Maar ha ouma lyk biki uitgefreak.

"Ah-we, Ouma," grut sy. "Is ouma fine?"
"Eks fine," antwrd Wolf. "Ek chill net biki hie inni bed." LOL.
"O, cool," sê Roikappiki. "Maar hukom i ouma se ore so grt?"
"Om beter te ka hr, my knd," antwrd Wolf.

"Awesome," sê Roikappiki. "En hukom i ouma se o so grt?"
"Om beter te ka 7de Laan kyk oppi TV, my knd."
"En hukom is ouma se mnd so grt?"

Tu sprng Wolf uit di bed. Wolf wil vi Roikappiki rpe, ma Roikappiki hrdlp by di hys yt, en skr: "Hlp! Hlp! Hlllppp!"
Da naby inni bos is n houtkppr besig om bome af te kp mt sy byl. Hy hr vi Rooikappiki skr en storm op Wolf af. Tu kap hy vi Wolf met sy b. Wolf val oppi grond, dood.

"Ons mut vanni lyk ontslae rk," sê die houtkppr vir Roikappiki. "Anrs ga ons trnk tu. Dissie mee sos innie ou dae ni."
Tu vat Roikappiki en die houtkppr vir Wolf en goi hom inni rivr.

"Thanx, Dude," sê Roikappi vi di houtkppr tu hille kla is. "Jys amazing."
Hulle gan tu trug na ha ouma se hys tu. Da kry hul tu ha ouma inni kas. Hulle haal ha uit.
"Nou sal 'n koppi tee dam lekkr smaak," sê Roikappiki se ouma tu en stp na di kombuis tu.

Tu is als wee cool. (;-)


 

 

Setpil na Kaapstad

Niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë vis-en-hoenderdieet as 'n langnaweek in die Vrystaat nie. Die oggend-, middag- en aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die vakansiebaarde, dis 'n geil besigheid man, geil man, geil. Jou beker loop oor. Soggens is
dit skaapniertjies.... smiddae skaaptjops.... saans iets kleins soos 'n ou biefstukkie of 'n varkboutjie. In die Vrystaat beteken 'n gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand. Tussendeur word daar aan 'n
biltonkie gekou om die kieste oefening te gee, maar soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.

Die t'rugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel en weggepraat, maar Vader Tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit wees. Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud toebroodjies vir padkos. Voetslepend en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die Vrystaatse familie gegroet. Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die N1 vat Kaap toe.

Edenburg.... Trompsburg.... Spietkop.... Spietkop.... Spietkop.... Colesberg.... Spietkop.... Hanover.... Spietkop.... Richmond....flits die plekke een vir een verby. Drie Susters.... amper halfpad en
die Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Aaaai, as ons maar al die skapies kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie wat mis hulle nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoenie is mos nie verniet die nasionale voël van die Wes-Kaap nie. Na Drie Susters
kom die fout. Groooot fout! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees. Ek sweer dis 'n hartaanval.... my hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n
voetaanval? Bosluisvoet of Slangvoet?

Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder of pa Krismis gaan haal. Liefste wil weet of ek koors het.

"Bel die dokter!" is al wat ek kan uitkry terwyl ek stotterend probeer asem kry. Ek trap die petrol dieper met die anner voet en die trane biggel oor my wange. O Kaap, o Kaap .... as ek tog maar net by die huis kan kom.

Vroutjie bel vir Dok uit sy Sondagmiddagslapie. Dit is NOOD, broer.  Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugby beserings is in daai voet. Dan die lang stilte. Ons albei verwag die ergste.

"Nee," se dok "maar as dit so pyn, die pyn daar is en julle die en daai geëet het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie .... dan lyk dit my na ghout". "Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir die kinders vir karsiek?"

Dankie tog, dink ek, nou is ons darem al by die merriekasie. “O, setpille" hoor ek vroutjie antwoord van die kant af.

"Maar as jy dit het, kan jy dit vir hom gee" se Dok. "Hy sal 'n 100mg moet inkry".

"Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies" hoor ek vir vroutjie terwyl sy hard dink hoe sy hierdie pilletjies in haar man se watse dinges gaan inkry. Synde die dokter op die 'loudspeaker' is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel keer gaan ek .... nou ja .... die ding moet
doen. Toe hy aflui staan ek dadelik vas. Ek het ook mos 'n binneste.

"Sal wag tot op Beaufort. Daar sal 'n noodapteek wees" en daarmee handel ek die gesprek af. Ter wille van die kinders in die kar.  Maar ai boeta, op Beaufort is 'n oop noodapteek so skaars soos reën. Niks oop op 'n Sondagaand nie.

"Dan druk ons maar deur Kaap toe" kners ek op my tanne. Ek sit nou al kaalvoet met die lugreëling vol oop op my voet – dalk vries die ding dood dan kan ek hom afbreek en in die kar se 'boot' gooi. 'n Man het sy trots en ek's g'n hoender wat klein pilletjies agterstevoor om pik nie.

Op Leeu Gamka is al my manlikheid daarmee heen .... alles is wit van die pyn. "Vrou, gee maar – dit is nou of nooit en ek 'nou' liewer as 'nooit' ".

Vroulief fynkam haar 'toolbox' en kom met die goeie nuus. "Daar's nog een 100mg setpilletjie". Daar het jy dit. Vir elke pyn is daar 'n gewig.

Pil in die hand bestorm (of was dit nou bekruip of huppel) ek na die plek van verligting by die vulstasie. "Hierdie besigheid MOET net werk" dink ek by myself en probeer moed skep vir wat voorlê. Ek worstel en sweet, maar in moet hy in.  Het jy al ooit probeer om 'n 'dartboard' se
'bullseye' van die agterkant af op een been te kry sonder om die ander ouens in die kleedkamer met sagte kreungeluidjies te vermaak? Na die nagmerrie sukkel ek t'rug kar toe en ons val in die pad. Die kinders wil weet hoekom pa se oë dan nou so groot is. Dink seker ek probeer Wolf en Rooikappie vir hulle opvoer om die pad om te kry.

Niemand sê iets nie.

Ma bly liewer stil.  Sy weet wanneer vraetyd verby is.  Later slaap die kinders snoesig in hul stoeltjies. Ek sit met die pyn en trap die petrol dat ons in die Kaap kan kom. Pyn, alles net pyn en die gedagte van die vreeslikheid daar in die toilet op Leeu Gamka is vir ewig ingeprent in my geheue.

By Laingsburg traai vroutjie weer 'n geselsie. "Voel dit al beter, skat?"
"Nog nie juis nie, liefling, maar dis darem 'n skerp pil daai" gooi ek 'n hou na die witjasse.
"Hoe bedoel jy?"

"Ek bedoel die alluminium om die pil. Ek moes die besigheid omtrent 'panelbeat' om die skerp kante te probeer platkry. As ek dit sommer net so sou gebruik kon ek my binneste lelik beskadig" verduidelik ek sonder om te veel 'detail' te gee.

Dit smaak my vroutjie het as selfmoordbomplanter by 'Elkaida' gekwalifiseer. Sy ontplof so dat die kinners se lyfies ruk en hulle so met hulle handjies bo-kant hulle koppe gryp in hulle slaap.  Dis die
ergste lagbui wat ek uit haar lyf hoor sedert die nuus van haar eerste swangerskap.

"Jy moes die alluminium afgehaal het poeee...ol!" rek sy dit uit en sy trek haar foontjie nader.

"Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule oop nie. Netnou vergiftig jy jouself met 'n oordosis. Die besigheid moet mos stadig 'n mens se sisteem bekruip!"

My manlikheid en intellek is daarmee heen. Die hele wêreld weet. Sy mishandel die selfoontjie so om die nuus oor die aardbol te laat versprei. Dok is die eerste om van my 'mishap' te hoor. Hy kan sommer my lyding op die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese 'joke' van die maand. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie.
Hoe gaan ek die wêreld in die oë kyk en dit na die vreeslike lyding op Leeu Gamka?  Ek verlang na die tere liefde en simpatie van my moeder.

Volgende môre is ek 'n 'celeb' op kantoor. Almal wil tog net bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop.  Wil kwansuis weet of ek nou 'n 'stainless steel silencer' het.

Ha .... ha .... ha .... Wens julle kry dieselle pyn wat ek in my voet het in julle se 'silencers'. Dan sal ons sien! Klomp ape!

Het die ding gewerk?  Dit weet ek nog nie.... wag nog dat die aluminium begin 'corode'.


 

Chemiese oorlogvoering op 'n boereplaas

In die vroeë 1990’s word ek vroeg een oggend wakker geklop deur een van my veewagters. Hy hou versigtig sy toegevoude boshoed na my uit.

Toe ek die boshoed oopmaak was daar ‘n babamuishondjie binne-in. So het ons avonture met Loopy begin. Sy was te dierbaar, en het as een van die gesin grootgeword.

‘n Vriendelike, spelerige ou dingetjie. Die boerboel, Bruno, en die worshond, Chappies, was haar grootste maats. Alhoewel baie mense my gewaarsku het oor die muishond se bekendste wapen, het ek oudergewoonte my aan hulle afgevee. Loopy het nooit van haar chemiese arsenaal gebruik gemaak nie. Trouens, ek het gedink dat sy al vergeet het dat sy oor so iets beskik het.

‘n Goeie vriend van my, Dirk, het een Saterdagmiddag kom kuier. Dirk se grootste liefde was Red Heart rum, gevolg deur vuurwapens. Hy het ‘n ou haelgeweer, van die tipe wat nog hane gehad het, saamgebring. Ons het op die geelhout riempiesbank op die stoep gesit. Loopy het oudergewoonte op haar kussing bo op die bank rustig gelê en slaap. Dirk wou die haelgeweer uittoets met AAA patrone. Ek het hom gekeer en vir hom 2 haelpatrone gegee waarvan die haelkorrels verwyder was. Hy het die geweer gelaai, die hane teruggetrek en die sneller gedruk. Absoluut niks het gebeur nie. Hy het dit drie of vier keer gedoen en die geweer wou nog steeds nie afgaan nie.

Ek het toe die huis ingegaan om vir ons vloeibare verversings te kry. Terwyl ek weg was, het Dirk weer die haelgeweer gelaai, die keer met die bokhaelpatrone. Ons het rustig gesels toe Dirk weer die haelgeweer optel, na die sinkdak mik en die snellers druk.

Die resultaat: TOTALE CHAOS. Die feit dat hy die sinkdak m**r toe geskiet het, was die minste van ons probleme. Dinge het toe teen ligspoed gebeur. Loopy het met ‘n weersinswekkende kreet opgestyg, soos ‘n tol in die rondte gespin en haar chemiese wapen in die oortreffende trap in werking gestel. Mense, dit was verskriklik. Toe die eerste sarsie my tref, het ek onwillekeurig oor die stoepmuur geduik en die grond snoet eerste getref. Bruno die boerboel het opgespring en tjankend teen die stoepmuur vasgehardloop. Hy het terselftertyd ‘n reuse aanval van jippoguts gekry. Chappies, die worshond, het ‘n perfekte pirouette uitgevoer, gevolg deur ‘n agteroor somersault wat hom ‘n goue medalje op enige Olimpiese spele sou laat wen het. Dirk het geskok opgespring, gegly op Bruno se st****, en die sementvloer met ‘n dowwe slag getref. Hy het toe blitsvinnig die trappe afgeseil. Dirk, ek en die twee honde het in ‘n toestand van totale, absolute skok op die grasperk hergroepeer.

Mense, die persoon wat daardie stank op papier kan bewoord is nog nie gebore nie. Dit was onbeskryflik. Dit het geruik asof elke sweetgaatjie wat jy het in ‘n dooie rot verander het. Ons het bewend van skok en ongeloof op die grasperk gestaan. Trane van verontwaardiging en selfbejammering het oor ons wange gerol. Die honde het so gebewe en geruk dat ek verwag het hulle enige oomblik gaan beswyk. Hulle was te bang om genoeg asem te skep om te tjank. My vrou het die deur oopgeruk en dadelik weer toegeslaan. Sy het twee oorpakke en’n blok seep deur die ruit in ons rigting geslinger en ons duidelik in kennis gestel dat ons nie die huis sou betree alvorens ons die stank afgewas het nie. Op daardie stadium het Loopy, met haar kenmerkend oulike draffie, die trappe afgekom om te kom kyk waaroor die bohaai gaan. Die honde het, vreesbevange en tjankend, stert tussen die bene, koers gekies skaapkraal toe. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek gesien het dat ‘n boerboel net so vinnig, indien nie vinniger nie, as ‘n windhond kon beweeg. Ek en Dirk het met ‘n spoed die akkerboom bestyg.

Loopy het gelukkig omgedraai en haar middagslapie op die bank gaan hervat. Ons het toe, redelik haastig, na die sinkdam toe beweeg om die stank af te was. Dit was winter in Standerton en die water was net net bo vriespunt. Dit het ons geensins gepla nie. Ons het ingeduik en dadelik begin was. Dit het nie baie gehelp nie. Ek dink dat ‘n rioolplaas soos Old Spice-deodorant in vergelyking met ons sou geruik het. Die honde, wat redelik skrikkerig was vir water, het instinktief besef dat indien hulle wou oorleef, hulle ook sou moes bad. Hulle het toe ook in die dam gespring.

Nadat ons gewas en aangetrek het, wou ons die huis binnegaan. Die Riller, met wie ek op daardie stadium getroud was, het volstrek geweier. James, wat in die tuin gewerk het, het die klerasie wat ons ten tyde van die aanval aangehad het, op ’n hoop gehark, met petrol deurweek en aan die brand gesteek. Ons het toe maar besluit om in die skeerskuur te gaan slaap. Gewapen met ‘n sak stronke, ‘n swannie-braaier, 'n pak wors en ‘n bottel mampoer het ons onself maar tuisgemaak in die stoor. Dit was ‘n droewige en onvergeetlike nag. As die koue ons nie wakkergehou het nie, was dit die stank of die honde se nagmerrie oor die dag se gebeure. Ons het vroeg die volgende oggend weer in die sinkdam gespring. Hierde keer het dit darem gehelp.

Loopy het, gode sy gedank, tot haar afsterwe nooit weer haar chemiese wapentuig benut nie. Ek, Dirk en die honde het haar tot haar einde toe, met  nuwe respek, gekoppel met ‘n doodse vrees, bejeën.


 

Wonderbaarlik volwasse

JY WEET JY WORD "WONDERBAARLIK VOLWASSE" wanneer ... 
 
Jy en jou tande nie meer saam slaap nie.
Jy jou kouse probeer optrek omdat dit kreukel, en dan besef jy het nie kouse aan nie.
Jy word wakker en lyk soos die foto op jou bestuurderslisensie.
Dit neem twee probeerslae om van die bank af op te staan.
Om 'n "gelukkie op te tel" beteken jy kry jou kar in die parkeerarea.
Jou idee van 'n aandjie uit is om op die patio te sit. 
"Happy hour" beteken 'n slapie.
Wanneer jy op vakansie is en jou energie op is voor jou geld.
Dit neem langer om te rus as om moeg te word.
Jou geheue is korter en jou klagtes is langer.
Jou adresboek het meestal name wat begin met Dr.
Jy sit in jou wiegstoel en kan dit nie aan die gang kry nie.
Die apteker word jou nuwe beste vriend.
Dit neem dubbel so lank om die helfte so goed te lyk.
Alles is seer, en dit wat nie seer is nie .. werk nie.
Jy slaan jou tande in 'n steak in ... en hulle bly daar.
Jy doen afstand van al jou slegte gewoontes en jy voel nog steeds nie goed nie.
Jy het meer geduld, maar eintlik gee jy net nie meer om nie.
Jy kry uiteindelik jou kop reg ... en jou lyf begin uitmekaar val.
Jy wonder hoe jy oor die muur kan wees as jy nie eers kan onthou dat jy bo-op dit was nie. 


 Egskeiding voor Kersfees

 Die ou man in die Kaap bel sy seun in Windhoek die dag voor Oukersaand en sê: "Ek haat dit om jou dag te bederf, maar ek moet jou vertel ek en jou ma gaan na 45 jaar se getroude lewe skei."

 "Pa! Waarvan praat jy?" skree die seun.

"Ja," sê die pa. "Ons het niks meer vir mekaar te sê nie en ons kan mekaar net nie meer langer verduur nie. Ek is moeg om hieroor te praat, so sal jy asseblief jou suster in Randfontein bel en haar vertel."

Die ontstelde seun haas hom om die slegte nuus aan sy suster oor te dra.

By die aanhoor ontplof sy: "Dit sal die dag wees," skree sy. "Laat dit in my hande!"

Sy bel haar pa in die Kaap en skree: "Julle gaan NIE skei NIE! Moet niks doen voordat ek daar is nie. Ek gaan my broer bel en ons sal albei môre daar wees. Moet NIKS voor die tyd doen nie. HOOR PA MY?" en sy hang op.

Die ou man skakel sy selfoon af, draai na sy vrou en se: "Opgelos! Hulle kom vir Kersfees huis toe, en hulle betaal hul eie reisgeld."

 

Ousus se nuwe kêrel  

'n Universiteitstudent gaan huis toe vir die vakansie en waarsku haar ouers dat sy haar nuwe kêrel saambring. Die ou is 'n dwergie en die student vra haar ouers om asseblief tog haar sesjarige sussie in te lig.

Die ma neem Kleinsus eenkant toe en praat mooi: "Poplap, jou suster kom die naweek huis toe en sy bring haar nuwe kêrel saam. Hy lyk anders as ons, maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?"

Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra.

Ousus en haar kêrel daag op en toe Kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel.  Die gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas en bly tjoepstil. Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil borde kombuis toe en gaan berei die nagereg voor.

Dis net Kleinsus en die dwerg aan tafel.

'n Ongemaklike stilte heers 'n rukkie, maar toe kan die meisietjie dit nie meer hou nie en vra:

"Hoe gaan dit met Sneeuwitjie?" 


 

   

  

Ou Jonas se Bybelstorie

Jonas wil trou en hy lig sy werkgewer in. Dié voel egter dat trou ‘n ernstige saak is en dat hy eers met Jonas wil praat.

Jonas: Oubaas, ekke wil vat die vrou by daai stroois. Darie ene met die groot vet sterre.

Oubaas: Wil jy trou met die vrou, Jonas?

Jonas: Ja, Oubaas, mette die tjint en als.

Oubaas: Het jy haar lief, Jonas?

Jonas: Oubaas hy vra nog. Ekke soek hom sterrik. Ekke wil hom lief.

Oubaas: As mens wil trou, moet mens darem iets van die Bybel weet. Ken jy jou Bybel?

Jonas: Auk, Oubaas, ekke ken hom sos die bennekant van my hand.

Oubaas: Nou vertel bietjie dat ek kan hoor.

Jonas: Eendag was daar twee mense, Adam en Eve. Hulle bly by die tyn. Nou hulle mag eet van al die perretjies maar van die jêm se perretjies hulle mag nie eet nie. Toe die boomslang hy sê vir Eve Auk, wat se nonsens jy praat, die jêm perretjies is nou mooi gaar en too much lekker. Nou hulle gasteel die jêm perretjies. Auk, nou Adam hy sien sy broek is weg en die nooi se rok is ok weg. Shame, die nooi kry so skaam, hy kryp sommer weg en Adam hy gou-gou maak die kleer van troksvy se blaar maar nou moet hulle yt by die Radys se akker. Twee groot Engelsman staan by die hek met skerp asgaai. Nou hulle sweet baie sos hulle loop en Eve sy loer so by die skouer oor, net so bietjies. Sy word sommer sout en die beeste het hom kant en klaar opgevreet die volgende dag al.

Nou Adam, die arme baas, hy het ok nie nou vrou nie. Hy loop nog so toe vra die tsotsi: Ja? Wat jy gamaak? Hulle slat Adam met die knopkierie en gooi hom met die kleppe. Galokkag daar kom parmantig Samertaan hy gary met sy doinkie. Sos hy gaan onder by die doringbos, sy kroesies hak by die dorings en hy gehang daar 40 days en 40 nights tot Deliah, nooi van die Tempentyne, sny sy kroesies af en hy val by die leeukuil in, mar die leeus hulle vreet hom nie eers nie. Nou hy gably daar tot Ruben wil hom verkoop aan die parasiete mar galokkag hy hardloop weg dat hy so bars tot hy kom by die groot water. Sommer so vennig hy plik die knopkierie yt by sy kombers en hy slaat die water tot hy maak oop en wat gasien? Big national road van skoon teer en white stripes en yellow stripes, die lot. Nou hy loep by die national road met sy strykwa-os en perre tot hy kom halfpad. Sjoeps, die water net gamak sos twaksak, dit lyk of dit gereent het 40 days en 40 nights. Galokkag, die groot snoekves hy slik hom in. Nou hy gably bennekant die ves se pens. Oubaas, ekke gelieg nie vir jou nie, 40 days en 40 nights. Mar omlat hy stenk alweer too much en die ves hy kan nie toehou sy neus by die water nie, hy gaspoeg hom yt by die land van siermelk en putupap, 12 mandjies vol.

Oubaas sien, ekke ken hom die Bybel.  


 

Die Blinde Sambok

(Baie dankie aan Marlien vir hierdie een!)

Ons Afrikaners het 'n oulike manier om 'n ding te beskryf. Die term Blinde Sambok verwys na 'n situasie waartydens jy 'n strik vir iemand stel, en dan self daarin val. Dit is egter geensins oulik as jy self daardeur gaan nie.
 
In die vroeë negentigs het ek 'n werker gehad met die naam James. Hy het die besonderse vermoë gehad om my daagliks teen die mure uit te dryf. Hy sou die Dalai Lama en Ghandi in psigopate kon verander binne twee minute. Sy ergste wandaad was egter om drank te steel, nie enige drank nie, maar my Red Heart.
 
Nou vir die van julle wat my ken, sal weet dat ek redelik emosioneel kan raak oor Red Heart. Dit is die edelste vog wat nog uitgevinne is. Ek sal die persoon wat dit uitgevind het prys tot drie dae na sy dood (of my dood).
 
Ek weet nie hoe die Seun van Afrika dit reggekry het nie, maar my Red Heart het verdwyn, en elke keer wat dit gebeur het, was die kêrel gesuip. Oom Jan Diamantjies was 'n goeie vriend. Terloops, sy naam verwys nie na sy sukses as Diamantsmokkelaar nie, maar aan sy gewoonte om die Elfde Gebod gereeld te verontagsaam. Die Elfde Gebod, vir die van julle wat nie weet nie, lui,  "jy sal nie gevang word nie." Hy en die manne van die SAP se Goud- en Diamanttak, was al amper op eerstenaam terme, en meer vriende as opponente.
 
Oom Jannie het, in sy wysgeid, besef dat, indien die drankstelery nie gaan eindig nie, ek in die tronk gaan beland weens die moord op James, wat al in 'n gevorderde stadium van beplanning was.
 
Hy het op 'n Maandagoggend by my aangekom met 'n klein bruin botteltjie, waarop die naam, Croton Oil geskrywe was. Hy het my in kennis gestel dat die inhoud van die bottel, daadwerklik sou bydra tot James se absolute rehabilitasie. Twee of drie druppels in 'n halwe bottel Red Heart sou James genees van sy gewoonte om drank te steel. So veel so, dat indien hy die gevolge van die Croton Oil sou oorleef, hy moontlik homself sou kon bekeer.
 
Croton Oil, het oom Jannie aan my verduidelik, was 'n vreesaanjaende purgasiemiddel. Sou jy dit inkry, gaan jou maag verskriklik aan werk en jy gooi blykbaar vreeslik op.
 
Ek het toe maar besluit om 'n halwe bottel Red Heart op te offer om 'n einde te maak aan die gestelery. Ek het nie twee of drie druppels, soos oom Jannie aan my gesê het, in die bottel ingegooi nie, maar twee of drie teelepels van die bruin vloeistof. Ek het die bottel onder gemerk deur 'n wit kruis met Tippex op te sit.

Soos verwag, het die drank weer verdwyn en van die halwe bottel het net 'n kwart oorgebly. James het terselftertyd ook verdwyn. Hy was vir 'n week lank in die hospitaal. Toe hy terugkom was hy 'n goeie tien kilogram ligter en het hy my drank ten alle koste vermy.
 
Tyd het verbygegaan en geen, maar geen van my drank het weer verdwyn nie.
 
Ek, oom Jannie, Dirk en 'n jongeling het een Saterdag gaan eende jag. Dit was in Juniemaand. Nou, vir die van julle wat Standerton se klimaat ken, sal saamstem dat daar in die winter net 'n sifdraad tussen dié plek en die Suidpool is en daardie sifdraad is plek-plek nog stukkend ook. Dit was ysig koud.
 
Ons het, met ons terugkeer, in die lapa gaan sit om 'n reuse vuur, net om weer gevoel terug te kry. Die jongeling is aangestel as kroegman vir die aand se verrigtinge. Weens die koue en ontbering, moes ons 'n redelike hoeveelheid rum verorber om weer lewe te kry. Die eerste bottel het nie lank gehou nie en die kuier het al te gesellig begin verloop. Die kroegman het hom ook uitermatig goed van sy taak gekwyt.
 
Na nog 'n rondte deur die jongeling aan ons gelewer is, het oom Jannie, na 'n paar slukke, 'n snaakse uitdrukking op sy gesig gekry. Ek het ook die gevoel gekry dat die rum effens anders smaak, maar het maar aanhou drink.
 
Oom Jannie het ongemaklik op sy stoel begin rondskuif en effens bleek om die kiewe begin raak. Hy het skielik doodstil geraak, toe opgespring, en met 'n geweldige spoed koers gekies populierbos se kant toe. Ek en Dirk het nog niks makeer nie. Oom Jannie het na 'n ruk teruggekeer en my gevra wat ek met die bottel rum, wat ek vir James gedokter het, gedoen het. Ek het vir hom gesê dat daar nie veel oor was nie en dat die bottel gemerk was. Oom Jannie het gesê dat ek en hy weet dat die bottel gemerk was, maar dat hy twyfel of die jong mannetjie wat kroegman is, dit ook geweet het.
 
Ons het die jongeling vinnig nadergeroep en gevra dat hy die bottel waaruit die laaste rondte gekom het moet saambring. Toe ons die bottel omkeer, is ons ergste vrese bewaarheid! 'n Wit kruis was duidelik aan die onderkant sigbaar. Oom Jannie was ewe skielik nie meer effens bleek nie, maar doodsbleek. Hy het in 'n bewerige stem vir my gevra hoeveel Croton Oil ek in die bottel gegooi het. Toe ek hom die antwoord gee, het hy grasgroen begin raak. Die sweet wat op sy voorkop uitgeslaan het, het onbeskaamd gemeng met die trane wat uit sy oë gestroom het. Sy onderlip het onbeheerst begin rondspring. Ek het gereken dat slegs oom Jannie geaffekteer was. Net toe ek gerus begin raak, het dit ewe skielik gevoel asof iemand 'n slinger by my naeltjie ingedruk het en met rukbewegings begin draai het.
 
Ek en Dirk het feitlik gelyk by die draadhekkie uitgekom wat populierbos toe gelei het. Oom Jannie was reg agter ons. Daar het ek gesien dat 'n man sy broek, onderbroek, kouse en skoene uittrek terwyl hy volspoed vorentoe hardloop om die rekord te breek. Ek wou Dirk nog komplimenteer oor die besondere prestasie, toe ek besef dat ek besig is om dieselfde te doen. Mens, almal van ons wat in die Weermag was, weet wat gyppoguts was. Wat toe gevolg het, sou die ergste Army gyppoguts na 'n patetiese, flou grappie laat lyk. Mense, dit was verskriklik, dit was werklik 'n gedoente van formaat. Ek was eers bang ek gaan vrek en het toe maar gewens dat ek moet vrek.
 
Die situasie het toe verander van sleg na verskriklik beroerd. Ons het onbeheerst begin opgooi, nie katte geskiet nie maar hulle gelanseer. Die Amerikaners het 'n beskrywende term daarvoor, hulle noem dit VIOLENT PROJECTILE VOMITING.
 
Die jongeling het intussen, heel beangs, ons vrouens gaan roep. Nou, die dames met wie ons op daardie stadium getroud was, se simpatievlak met ons, het gewissel tussen min en 10% minder as niks. Toe hul egter sien hoe gehawend en beroerd ons gelyk het, het hulle dadelik vir Dok Meyer gebel. Hy het, nadat hy gehoor het van die Croten olie, onmiddellik sy kollega op Standerton gekontak en hom gesê hy moet solank by die hospitaal vir ons wag.
 
Wat toe gevolg het was werklik vernederend. Die vrouens het ons agterop die Blou F100 bakkie gelaai, broekloos en kaalpoot. Hulle het darem vir ons elkeen 'n handdoek gegee om die Kaart en Transport gedeelte toe te hou. Die koue was in elk geval so erg dat jy 'n vergrootglas nodig sou gehad het om enige iets van belang te kon sien. Ons is toe afgevoer hospitaal toe, waar ons die volgende mislike drie dae spandeer het. Met al die drade en drips het ons gelyk soos drie Frankensteins in wording.
 
Ek het darem die volgende dag my spraak teruggekry en by monde van my vrou 'n boodskap vir James gestuur. Hy het duidelik die boodskap gekry. Toe ek terug op die plaas kom, was hy en sy stroois weg. Ek het, gelukkig vir hom, hom nooit weer raakgeloop nie. Oom Jannie het 'n paar dae later opgedaag, toe ek hom groet het hy net geknor. Hy het my gevra waar die oorblywende Croton OIL is, dit toe gevat en my duidelik in kennis gestel dat ek te onverantwoordelik is om so iets te besit. Dirk en oom Jannie het my darem na 'n ruk vergeef, maar dit was opmerklik dat hulle, as hulle kom kuier, hul eie bottels drank saamgebring het. Hulle het ook, voordat hulle iets geskink het, die bottels omgekeer en duidelik ondersoek vir enige Tippex-merke. 


 

Comments

10.09.2015 19:43

henk boshoff

Ek het die stories oor loopy en die blinde sambok geskryf,dit was nie fiksie nie,maar die waarheid

03.12.2016 15:24

Annatjie Botha

Henk, baie dankie vir jou terugvoer! Jou vertelling was een van daardie oulikes wat ek net moes deel - dankie dat ek kon!