Die wilde voëls wat daagliks kom kos haal, besorg ons groot binnepret. So is daar twee vleiloeries (Oom Hempies) wat by die kombuisdeur kom kyk waar die hoenderlewertjies dan bly! Een van die langstertlaksmanne kan maar net nie verdra dat die veel groter loeries eerste kos kry, terwyl hy maar geduldig moet wag nie en gevolglik bly die onderonsies nie lank uit nie...